Anton Botha | SYM
artist
Centurion

Bio

artist
Centurion

[b]Anton Botha Kortlikse inligting: Platemaatskappy:[/b] Fantasia Musiek [b]Albums beskikbaar: [/b]1. Hier by My (2006) 2. Jakaranda (2007) [b]Besprekings besonderhede:[/b]Anton Botha Musiek Lizel Botha Sel: (+27)76 480 6775 E-pos: [email protected] Webtuiste:www.antonbotha.com [b][b]Profiel:[/b]Anton Botha is vanjaar genomineer vir ‘n SAMA toekenning vir die beste Afrikaanse Pop Album. Dit kom as geen verassing nie; aangesien hierdie jong man vele talente het.[/b] Anton is ‘n veelsydige kunstenaar wat Suid-Afrika omgekeer het met treffers soos: “Jakaranda”, “Asseblief asseblief” en “Superhero”. Hy is ook bekend vir sy parmantige Afrikaanse keurspelle, waar hy Rock&Roll legendes kombineer met ou afrikaanse gunstelinge. Die man is die bewys dat harde werk beloon word en mens nooit moet ophou droom nie. Hy is ‘n kranige liedjieskrywer en sanger, en bespeel ‘n groot verskeidenheid instrumente. Onder die vaandel van Fantasia Musiek het sy album “Jakaranda” reuse sukses behaal. Toere saam met die gewilde Robbie Wessels en Wynand Strydom het Anton aan die land bekendgestel. Daarna het die topverkoper DVD’s van Thys die Bosveldklong gevolg en Anton se verskyning het hom as bekende in ons land se musiekkringe gevestig. Anton het alreeds vanaf 2006 by so te sê al die skoue en feeste in ons land gaan kuier. Hy het voorwaar die hele land deur getoer, met optredes wat strek vanaf die Piketberg blommeskou en Calvinia vleisfees in die Kaap deur die Vrystaat by die Kersiefees op Ficksburg tot die Aartappelfees op Vivo in Limpopo provinsie. Anton maak gereeld sy verskyning by die Aardklop Nasionale Kunstefees, die Rittelfees en die Klein Karoo Nasionale kunstefees. Dit was dan ook tydens KKNK 2007 wat Anton uitgenooi was om deel te neem aan die Kurt en Vriende vertoning; aangebied deur Kurt Darren. Resensies van Anton se werke is dan ook in menigte publikasies geplaas. Die publikasies sluit in: Vrouekeur, Rapport, Rapport Tydskrif, Krayzee, Eastern en nog vele meer. “Daar is so baie nuwe genres in die plaaslike musiekmark en elke nou en dan is daar ‘n nuwe kunstenaar soos Anton Botha wat my werklik met sy musiek beïndruk.” (Kurt Darren, Rapport Tydskrif, Bl 20, 26 November 2006) Anton het selfs al ‘n draai op DKNT gemaak en sy musiekvideo word gereeld op MK uitgesaai. Kinders is ook gaande oor Anton se musiek en hy doen gereeld vertonings by skole. Verder skroom Anton nie om homself by liefdadigheidsfunksies deel te maak nie. Hy poog om nie minder as 5 sulke funksies per jaar te doen. Sulke funksies sluit in: Die Jaarlikse Silverton Tannery uitreikfunksie en funksies vir die Rooikruiskinderhospitaal. Kyk gerus uit vir Anton se album, Jakaranda, wat nou in alle goeie musiekwinkels beskikbaar is. Wie is Anton…… Gebore in Bethlehem, het hy as plaasseun in die Oos-Vrystaat groot geword. Op die tere ouderdom van 5 jaar bemeester hy die kitaar, tot groot genot van almal wat wil luister. In sy laerskool dae trek die gesin na Centurion en neem hy deel aan alle musiek kompetisies beskikbaar. Toe alreeds, het hy saam met die groot name in ons bedryf; soos Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, en Randall Wicombe opgetree. In 2003 is Anton aangewys as een van 10 ATKV Crescendo finaliste. Tydens die jaarlikse SAMA toekennings is Anton in 2008 aangewys as ‘n kandidaat vir die beste Afrikaanse Pop Album, vir sy album Jakaranda. Tydens Fantasia Distribution se spog-oggend is Anton vanjaar beloon met ‘n goue plaat vir sy bydrae tot die albums “Country Kersfees” en “Country Konings 1” wat onderskeidelik meer as 20 000 eenhede verkoop het. As ‘n baie gewilde liedjie skrywer, is sy musiek al deur verskeie van ons bekende musieksterre opgeneem. Dink aan Adijy Adijo deur Juanita du Plessis (Bly by my), die titelsnit en verskeie ander snitte op Karen Ferreira se album getiteld “Altyd joune”. Asook die albums van Thys die Bosveldklong (Vet pret) en Wynand Strydom (Pamperlang). Meer onlangs het Izak Davel vyf van Anton se liedjies opgeneem op sy treffer debut album “Ken jy My?”. Hy is dan ook verantwoordelik vir die meeste van die skryfwerk op sy eie albums. Anton is ook betrokke by die akoestiese kitaar werk vir meeste van Fantasia se albums. Met sy oorspronklike werke vol ritme en harmonie is hierdie beslis ‘n jong man wat oud en jonk se voete laat wip en heupe laat swaai, op die maat van sy op-en-wakker musiek. Anton is ook ‘n groot aanhanger van ou legendes soos Dire Straits en CCR en werk dit graag ook in sy repertoire in. Feeste: Aartappel fees: Vivo (Limpopo provinsie) Aardklop Nasionale Kunstefees(2006-2008): Potchefstroom Bethlehem Skou: Bethlehem Diamantfees: Lichtenburg Hartlandfees: Witbank Huttenpark Karnaval: Newcastle KKNK (2007-2008): Oudshoorn Kolonade Straatfees: Pretoria (Montana) Maroelafees: Hartebeespoort M.O.L fees: Malmesbury Rittelfees (2007-2008): Vredendal Rooikruis Musiekfees: Hartebeespoort Tekkiefees: Vereeniging Platinumfees: Rustenburg 

Photos

Recent Tracks

Song Length
Jy's die Een (La di Dei) N/A
Jakaranda N/A

Playlists

No playlists yet!

Videos

No videos yet!

Upcoming Gigs

No scheduled gigs yet!

0 comments

No comments yet!